Article Image

BOLAND LANDBOUSKOOL HUISVES PRO-HORT EVALUASIEBLOKKE

Dit is die eerste keer dat ‘n skool gaan deel wees van die projek. Pro-Hort, ‘n samewerkingsprogram tussen Hortgro en Provar is verlede jaar geloods, met die doel om produsente te bemagtig deurdat kultivar-evaluasies noukeurig en onafhanklik gedoen word en produsente nie verkeerde kultivars vir ‘n klimaatstreek aanplant nie.